35 Wenke om veilig op jou plaas te wees

Kyk maar gerus deur al hul wenke. In ons geval kyk ons ook spesifiek na hul punt 23:
Moenie net op landlyne, selfone en internet fone vir veiligheid staatmaak nie. Belê in tweerigting- en ander soort radio’s en ander hulpmiddels soos ’n sirene wat kan afgaan as jy in die moeilikheid is of self kringtelevisie. Moderne tegnologie moet egter nie afgeskiet word nie. WhatsApp-groepe kan baie handig wees om mekaar in te lig oor byvoorbeeld verdagte persone of voertuie in die omgewing. Gemeenskappe met radio’s moet op ’n gereelde basis met mekaar inskakel soos elke oggend en aand. Dit is ook belangrik dat mense byvoorbeeld ’n voorafopgestelde kode vir nood moet hê sodat as jy die een aand inskakel en die persoon die kodewoord gebruik, julle sal weet dat hy of sy in die moeilikheid is. Effektiewe en presiese kommunikasie is van kardinale belang en moet selfs ingeoefen word.

en punt 35.

Te veel boere sien die opskerping van veiligheid steeds as ’n duur en onnodige uitgawe. Die realiteit is egter dat die situasie so ernstig is dat geen onkoste ontsien mag word nie. ’n Mens se lewe is immers meer werd as al die veiligheidstelsels en toerusting.

Die volle weergawe is hier beskikbaar. Van die prosesse soos hierbo genoem sal nog deur ons geïmplementeer word.

Kommentaar