Plaasveiligheid: Só maak boere planne

Die volgende onderwerpe kom ter sprake in hul inligting stuk
  • Ken jou bure
  • Kamera & radio stelsels
  • Beveiliging van opstalle
  • Werks- & waghonde
  • Patrollie & speurhonde
Hier volg n paar uittreksels met betrekking tot radio stelsel uit hul dokument:
  • Omdat kommunikasie die ruggraat van die stelsel is, moes hulle herleiers vir hul radiostelsel kies wat nie noodwendig wye opvangs bied nie, maar eerder in die valleie en klowe kon reik.
  • Beveiliging kos geld en die groep probeer om hul veiligheidstelsels voortdurend op te skerp soos wat hulle dit kan bekostig.
  • Al die lede word soggens en saans oor die radio geroep, en as daar nie van iemand verslag gedoen kan word nie, stel hulle dadelik ondersoek in. In geval van enige onrus of voorvalle in die gebied, is daar lede wat dadelik na die herleitorings gaan, dit beveilig en beskerm totdat die krisis verby is.
  • In die huis moet ’n versamelpunt geskep word wat spesiaal beveilig is. Sodra onraad vermoed word, moet die hele gesin na dié area beweeg en die radio behoort ook daar geïnstalleer te wees.
  • In die geval van ’n plaasaanval moet die gesin, wat almal die radio en vuurwapens moet kan hanteer, hulle in die veilige plek in die huis verskans, ’n noodsein uitstuur en wag vir die eerste reaksie-eenheid om beheer oor te neem. Die radio moet nooit onbeman gelaat word nie.
Die volle weergawe is hier beskikbaar. Van die prosesse soos hierbo genoem sal nog deur ons geïmplementeer word.

Kommentaar