Die verskillende tipe radio stelsels

Die frekwensie spektrum voorstelling


Die verskillende tipe radio stelsels

27 MHz - CB-radio

  • Hierdie tipe radios is nie juis meer in gebruik nie.
  • Verouderde tegnologie. Die ouer garde kan seker nog "Smokey and the Bandit" onthou?
  • Hierdie radios was populêr in die 1950's tot 1970's. Op daardie stadium was hoë frekwensie radios nuut en onbekostigbaar vir die gewone persoon.

29 MHz

  • Word heelwat nog deur die 4x4 gemeenskap gebruik
  • Die reikafstand van hierdie tipe radios is in die omgewing van 3km
  • Hierdie tipe radios gebruik AM (amplitude modulasie). Dus is daar heelwat elektriese steurings wat veroorsaak mag word deur jou motor se vonkproppe. Dus is opvangs partymaal nie wonderlik nie.
  • Die kanale vir die 4x4 gemeenskap
    • Kanaal 14 - 29.8725 MHz
    • Kanaal 15 - 29.885 MHz
    • Kanaal 16 - 29.8975 MHz
    • Ander kanale & frekwensies word deur ander instansies gebruik. Dus mag jy nie net sommer sulke ander kanale gebruik nie



Marnet - Midband 66 tot 88 MHz

  • Was oorspronklik gebruik as deel van die Kommando stelsel se kommunikasie netwerk, veral in landelike gebiede, maar ook in stede.
  • In 2003 het Mbeki die Kommando stelsel aftakeling aangekondig.
  • Voor dit was die Kommando stelsel die ruggraat van landelike beveiliging en het daar tot 2002 derduisende operasies plaasgevind, onder leiding van die polisie.
  • Voor 1994 was n landwye radio netwerk opgestel vir burgerlike beskerming en nooddienste. Die inisiatief het platgeval en slegs enkele netwerke funksioneer nog.
  • Van die radio infrastruktuur wat oorgebly het word nou bedryf deur privaat persone en/of besighede.
  • Van die toerusting het wel in die hande van verkeerde mense beland. 



VHF - 30 tot 300 MHz

  • Hierdie tipe radios gebruik FM (frekwensie modulasie). Dus veroorsaak kraglyne en vonkproppe geen steurings nie. Die klank is dus duidelik en helder.
  • Hierdie FM radios word meestal deur kommersiële besighede gebruik. Die radios word vooraf ingestel op spesifieke frekwensies en ander tegniese stellings en kan nie deur die verbruiker verander word nie.
  • Die kraglewering van die mobiele radios wissel van 5 tot 50 Watt. Dus is kommunikasie tot 10km algemeen. Onder spesifieke omstandighede kan selfs tot op 100 km ontvangs verkry word.
  • Die radiogolwe in die band werk op n reguit lyn (Line of Sight - LOS)



UHF - 300 - 3000 MHz

  • Net soos VHF, gebruik hierdie radios ook FM
  • Die frekwensie van hierdie radios is hoër as die van VHF
  • Hierdie radios is meer geskik in die stedelike gebiede, aangesien die seine makliker deur of verby hindernisse kan beweeg, omdat die golflengte korter as die van VHF is.



HF - 3 tot 30 MHz

  • Hierdie is gespesialiseerde radios wat oor lang afstande kan werk weens die feit dat radiogolwe weerkaats word terug aarde toe. Dus kan reikafstande van tot n paar duisend kilometer verkry word.
  • Word meestal deur radio-amateurs gebruik en is net geskik as jy van plan is om n radio-amateur te word.
  • Dus is hierdie radios moeilik om te gebruik. Heelwat tegniese kennis is nodig.
  • Voor die koms van fone en satelliet radios was hierdie metode van kommunikasie die enigste lang afstand metode.
  • Die kostes van hierdie tipe radios is hoog en installasie is redelik gespesialiseerd.  



Wat gebruik BORK?

Bork se radio stelsel werk op die VHF frekwensies & is ʼn kommersiële radio frekwensie wat ICASA geregistreerd is. Net kommersiële radios word op hierdie frekwensies gebruik en toegelaat.

Die Bork hand radios werk teen 5W, dus 10 maal sterker seinsterkte as die gewone Zartek radios. Hul reikafstand is dus verder. Die Bork mobiele radios se seinsterkte is 25W en dus 50 maal sterker as die gewone Zartek radios. Dus is die reikafstand dan ook verder.

Die Bork stelsel is gebaseer op die "repeater" konsep, terwyl die zartek op die "simplex" konsep werk.

Lisensie vrye radios

Die Zartek radios (ook ander make) werk op spesifieke UHF frekwensies is SA. Die radios kan jy by enige handelaar koop, want hulle is lisensie vry. Hierdie is baie kort afstand radios wat direk met mekaar kan kommunikeer. Die reikafstand word beperk deur die seinsterkte wat hulle uitstuur, gestel op 0,5W (500mW). Dus is die reikafstand normaalweg net n paar honderd meter. Dit is dus n goeie opsie by ʼn besigheids perseel.
Alle radios in jou besit moet ICASA gesertifiseerd wees. Indien daar ʼn radio in jou besit is wat nie gesertifiseerd is nie, mag daar ʼn boete of selfs tronkstraf wees. Let op dat geen Baofeng ICASA goedgekeur is nie.

Kommentaar