Is jou huis radio antenna mas goed ge-aard?

Hierdie is ʼn belangrike stap vir die antenna wat by jou huis geïnstalleer is. Jy gaan basies die volgende nodig hê:
  • Koper "Earth-spike" 1,2m (R133 Mei 2023)
  • Koper draad (R35 per meter)
  • 10x12mm "Lugs" (R9)
Moet nie dun koper draad gebruik nie. Om goeie kontak tussen die draad en die "lug" te bewerkstellig word aanbeveel om dit te soldeer. Vermy ook skerp of ʼn 90 grade buig van die koper draad. Hoe korter die afstand van die koper draad tussen die antenna mas en die "earth-spike" hoe beter. Behalwe vir weerlig, sal die metode help om statiese elektrisiteit, wat deur weersomstandighede veroorsaak word, te elimineer.
Die bogenoemde is beskikbaar by VEC Kabel Groothandelaars, 69 Schröder St, Upington. Jy kan ook jou plaaslike elektrisiën raadpleeg. 

As daar donderweer in jou area is, ontkoppel jou antenna van die radio, asook die krag toevoer na jou radio.

Kommentaar