Hoekom stel ons die J-pole antenna vir jou huis voor?

By Crcwiki - Own work, CC BY-SA 4.0, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=49009370


Hier is van die redes:

  • Dit skakel meer geraas uit as soortgelyke antennas
  • Dit het goeie ontvangs eienskappe
  • Dit is n goeie kombinasie as jy dit ook saam met jou hand radio vanaf die huis wil gebruik
  • Dit is goedkoper as alternatiewe antennas
  • Dit is baie sterk en kan storms maklik oorleef

Installasie van antenna

Benodigdhede
  • Aluminium swembad paal 2 tot 3m
    • Beskikbaar by Mica of Midas +-R130
  • Paal brackets 100x50x50x2.5mm of 50x50x50x2.5mm
    • Beskikbaar by Build-it of Lumber City (R25 of R18 stuk)
  • Earth spike 1.2m & klamp
    • Beskikbaar by Voltex Upington (R170 & R24)
  • Bare koper draad 6mm of dikker
    • Beskikbaar by Voltex Upington (R15/m)
  • Saddles 5mm om draad vas te sit teen muur
    • Beskikbaar by Voltex Upington (R10)

Die kabel kant wat gerol is kom aan die antenna kant.
Die regte konneksie van die paal aan die antenna
Die verkeerde konneksie van die paal aan die antenna

Sit n hout lat of ander versterking binne die paal waar jy dit met die u-klampe vasmaak. Dit verhoed dat die aluminium paal buig as jy dit vasmaak.

Kyk maar self wat die "experts" oor hierdie antenna te sê het. Dit is ons voorkeur antenna vir jou huis, soos wat dit voorkom in die verkope seksie.

Kommentaar