Het radios voordele bo Sellulêre fone (loopfone)?

Loopfone het natuurlik baie voordele, want dit is soveel meer as net ʼn foon. Kom ons bekyk ʼn bietjie na die anderkant van die storie.

Hier is ʼn paar voordele van radios:
  1. Radios is meer duursaam as ʼn loopfoon. Water, ʼn val en weer affekteer hulle nie sommer nie.
  2. Die koste van eienaarskap is ook baie goedkoper as die van ʼn loopfoon. Hierdie radios betaal tipies vir hulself binne 18 maande. Die radios is by verre baie goedkoper as standaard loopfone.
  3. Kommunikasie is onmiddellik. Jy praat onmiddellik met iemand deur die druk van ʼn knoppie.
  4. Kragonderbrekings het geen invloed oor beskikbaarheid nie.
  5. Daar is geen afhanklikheid van sellulêre torings of ander tegnologie nie.
  6. Jy praat onmiddellik met almal, of met ʼn spesifieke groep, of met ʼn privaat groep op ons stelsel.
  7. Alhoewel VHF radios nie lang-afstand werk nie, bly dit ideaal om mense in landelike gebiede met mekaar in kontak te hou. Afhangende van omgewing en waar kritieke toerusting geïnstalleer is, is 150km tussen 2 mobiele radios reeds moontlik.
  8. Daar is geen ander afleiding op ʼn VHF radio nie. Geen sosiale media of ander sagteware nie. Bloot net landelike kommunikasie.
  9. Loopfone word beperk deur battery leeftyd. ʼn Mobiele of huis radio kan permanent aan wees. Hand radios het min of meer dieselfde battery "leeftyd" as ʼn loopfoon. n Addisionele battery kan met ʼn hand radio bestel word om aanlyn tyd te verleng. n Loopfoon het normaalweg net ʼn interne battery. Dus is die opsie van ʼn spaar battery nie ʼn opsie nie.
  10. Gedurende noodgevalle is VHF radios 100% meer betroubaar as loopfone. 
  11. VHF kommersiële radios is maklik om te gebruik en opleiding is heel eenvoudig.
  12. Self as jy handskoene aan het kan jy ʼn VHF radio gebruik, wat onmoontlik sou wees met ʼn loopfoon.
  13. Geen afhanklikheid van ʼn Internet konneksie word benodig nie. Ons seine trek deur eenvoudig deur die lugruim.
  14. Daar mag dalk plekke wees in landelike gebiede waar loopfoon opvangs glad nie beskikbaar is nie. VHF radios kan die oplossing bied.
Natuurlik het elke kommunikasie medium sy eie voor en nadele. Ons kyk nie altyd al die voordele van VHF radios raak nie.

Kommentaar