Wie en wat is ICASA?

ICASA is ʼn afkorting vir "Independent Communications Authority of South Africa". 

Hulle reguleer onder andere elektroniese kommunikasie en die uitsaai wese. Van hulle funksies behels die volgende:
  • Maak regulasies en beleide wat elektroniese kommunikasie beheer
  • Reik lisensies uit aan diensverskaffers van elektroniese kommunikasie
  • Monitor die omgewing en oefen die nakoming van reëls en regulasies uit
  • Luister na geskille en klagtes wat gebring word deur die industrie en die publiek teen lisensie houers
  • Beplanning, beheer en bestuur van die frekwensie spektrum
  • Beskerm gebruikers teen onreëlmatige besigheids praktyke, swak dienslewering en minderwaardige produkte
Vir al die bogenoemde redes het ons besluit om 100% binne die wet op te tree met betrekking tot lisensiëring, toerusting en waar ons die toerusting mag gebruik.

Kommentaar