Terme en Voorwaardes

Gebruiksvoorwaardes
Welkom by ons webwerf. Bork verskaf hierdie dienste aan jou op voorwaarde van die onderstaande gebruiksvoorwaardes. Wanneer jy ons besoek aanvaar jy die voorwaardes. Lees dit asseblief.

Privaatheidsbeleid
Ons privaatheidsbeleid beheer jou besoek aan ons webwerf. Enige epos, telefoon of sellulêre nommers wat jy gee op die lidmaatskap vorm is vir interne Bork komitee gebruik alleenlik. Ons kollekteer of deel nie daardie inligting nie. Ons sal wel jou kontak nommer gebruik om met Whatsapp met jou te kommunikeer.

Jou informasie word slegs deur Bork gebruik om in persoonlike kontak met jou te kom. Die informasie wat jy op die webwerf geplaas het is wel publieke inligting.

Ons versoek adverteerders om nie hul bankbesonderhede as publieke inligting op die webwerf te sit nie.

Elektroniese kommunikasie
Wanneer jy Bork besoek of ons eposse stuur, kommunikeer jy elektronies met ons. Jy gee jou toestemming dat ons met jou elektronies mag kommunikeer deur middel van epos of enige ander metode. Jy stem saam dat alle ooreenkomste, kennisgewings of enige ander kommunikasies ons elektronies voorsien gebeur asof dit skriftelik opgestel was.

Kopiereg
Alle inhoud op die webwerf is die eiendom van Bork of van die inhoud verskaffers en word beskerm deur internasionale kopiereg wette.

Handelsmerke
Bork handelsmerke mag nie gebruik word in n produk of diens wat verwarring mag veroorsaak by verbruikers nie.

Lisensie en webwerf toegang
Bork laat jou toe om die webwerf te gebruik, maar nie om dit af te laai, of te verander nie. Die lisensie laat jou nie toe om produkte op die webwerf te herverkoop nie. Enige produkte, opsommings of pryse word verbied om gebruik te word tot die voordeel van n ander handelaar. Enige gedeelte van die webwerf mag nie gedupliseer, verkoop of andersins ontgin word vir finansiële doeleindes sonder die toestemming van Bork nie.

Jy mag n skakel na hierdie webwerf gebruik solank dit nie Bork enigsins in a vals, misleidende of aanstootlike manier blootstel nie. Jy mag nie Bork se kenteken of ander beelde gebruik sonder goedkeuring nie.

Verbode plasings
Onwettige produkte, dienste of aktiwiteite. Geen diskriminasie teen persone, ras, etnisiteit, kleur, geloof, ouderdom, geslag, gestremdhede of mediese toestand nie. Die promosie van vuurwapens, ammunisie en plofstof is verbode. Die promosie van seksuele produkte, dienste of naaktheid is verbode. Geen sensasionele of geweldadige inhoud nie. Geen omstrede politieke of sosiale inhoud nie. Geen misleidende informasie nie.

Ons sal ons eie diskresie gebruik indien nodig. Enige-iemand kan die kontak vorm gebruik om te kla oor n spesifieke plasing.

Opsommings, epos en ander inhoud
Besoekers mag opsommings, kommentaar, vrae en ander inhoud plaas solank dit voldoen aan alle reels in hierdie beleid. Jy mag nie vals epos adresse gebruik nie. Jy mag nie n ander persoon naboots nie. Bork behou die reg voor om enige inhoud te verwyder sonder kennisgewing. Wanneer jy inhoud verskaf, tensy jy andersins aandui, gee jy Bork die eksklusiewe regte om die inhoud daarvan op enige ander medium te plaas. Jy verklaar dat die inhoud akkuraat is.

Gebruiker gegenereerde inhoud
Gebruiker gegenereerde inhoud word gemodereer, want die inhoud word nie deur ons verskaf nie. Daar is wel kontroles in plek van ons derde party wat outomaties soek na inhoud wat nie van pas is nie.
  • Daar word gesoek na sekere woorde
  • Die foto's word deursoek
Die inhoud wat jy verskaf moet op n beleefde en beskaafde manier geplaas word. Sekere gegenereerde inhoud mag deur ons verwyder word sonder dat verduidelikings daarvoor hoef gegee te word. Die "Verbode plasings" soos hierbo genoem is ook van toepassing. Alhoewel ons negatiewe kommentaar toelaat, moet dit op n ordentlike manier gedoen word. Hierdie is nie n webwerf vir negatiewe opmerkings nie. Daar is genoeg plek daarvoor op sosiale netwerke.

Ons skaar ons by die mense wat n positiewe uitsig op die lewe het en daardeur goeie en positiewe bydraes kan lewer, tot voordeel van almal. Kommentaar behoort konstruktief en waardevol te wees vir ander gebruikers wat op die informasie staatmaak.

Risiko van verlies
Bork neem geen verantwoordelikheid vir die advertensies of artikels wat hier geplaas word nie. Bork word gevrywaar van enige verlies wat dalk gelei mag word.

Item beskrywings
Bork probeer so akkuraat as moontlik te wees. Maar Bork kan nie waarborg dat item beskrywings of enige ander inhoud akkuraat, kompleet, betroubaar en foutvry is nie. As enige item wat aan jou aangebied word nie soos beskryf is nie, is jou enigste oplossing om dit in n ongebruikte toestand terug te besorg aan die verkoper binne 5 dae.

Geskille
Bork gaan in geen geskille met jou betrokke raak nie.

Beleide
Bork behou die reg voor om enige beleid te eniger tyd aan te pas.

Vrywaring
Hierdie webwerf word aangebied soos beskikbaar. Jy gebruik hierdie webwerf op jou eie risiko. Bork gee geen waarborge ten opsigte van enige item op die webwerf nie. Bork waarborg nie dat die webwerf of enige kommunikasie wat ons met jou het vry is van virusse of skadelike inhoud nie. Bork sal nie aanspreeklik wees vir enige skade wat mag spruit uit die gebruik van die webwerf nie.

Vrae
Jy kan vrae rig aan borknc@gmail.com

Kommentaar