Boafeng radio krediet opsie


Boafeng radio krediet opsie

Boafeng radios word nie toegelaat op ons radio netwerk nie. Jy kan wel ons kontak vorm voltooi om aansoek te doen vir ʼn krediet aanbod. Die offer is R350 of as hy in sy boks is R400. Ons gee jou dan ʼn krediet om ʼn aankoop mee te doen. Die radio moet in goeie werkende toestand wees.

Hoekom word Boafeng radios nie toegelaat word nie?

Daar is ʼn hele aantal redes.

Hierdie radios is nie goedgekeur deur ICASA nie, en om verskeie redes.

Hierdie radios kan deur ʼn gebruiker ingestel word op amateur en kommersiële frekwensies. Ordentlike amateur radios is so ontwerp dat dit glad nie op die kommersiële frekwensies gestel kan word nie. Die ander kant is dat ordentlike kommersiële radios nie op amateur frekwensies ingestel kan word nie. Dus verbreek die Boafeng beide hierdie beperkings.

Die frekwensies is leesbaar op die Boafeng radios, want dit is ook ʼn amateur tipe radio. Dus is so ʼn radio ʼn groot risiko, want iemand kan dan hierdie frekwensies op ʼn klomp ander radios instel sonder dat ons daarvan sou weet.

Omdat die Boafeng ook ʼn amateur radio is, het jy ʼn amateur lisensie nodig. Jy gebruik hom dalk nie eers nie, maar omdat jy hom in jou besit het, al lê hy in die stoor en stof opgaar, het jy nog steeds ʼn lisensie vir hom nodig. Dit is soortgelyk aan ʼn vuurwapen lisensie.

Daar is ander meer tegniese redes, wat gaan oor die manier hoe hierdie radios steurings kan veroorsaak op frekwensies wat die radio nie eens gebruik nie.


Boetes tussen R50k en R200k kan deur ICASA ingestel word. In sekere gevalle kan daar selfs tronkstraf wees.

Kommentaar