Radio tipes wat ons verkoop

Slegs toelaatbare VHF radios, soos hieronder gespesifiseer, sal toelaatbaar wees wat deur ons gekoop en geprogrammeer word. Fisiese installasie is jou verantwoordelikheid.

Indien jy reeds n kommersiële VHF radio het, sal ons ons bes doen om daardie radio vir jou te programmeer as jy die sagteware het. Onder geen omstandighede sal frekwensie of enige ander tegniese besonderhede van die radio stelsel aan enige persoon gegee word nie. Amateur radios wat “oop” is sal nie toegelaat word om ons stelsel te gebruik nie. Ook nie Boafeng’s nie. Slegs ICASA goedgekeurde radios sal op ons stelsel gebruik en toegelaat word.

ICASA - Independent Communications Authority of South Africa. Sien ons ICASA opsomming.
Daar sal ʼn kenteken op die radio wees, soortgelyk aan die onderstaande beeld.
Ons sal voorstelle aan jou maak in terme van radios, want dit is afhangend van jou ligging. Stuur ons dus eers n epos na borknc@gmail.com sodat die radio opsies aan jou gegee kan word.

Hand Radios

Kirisun hand radios

Ons het gestandaardiseer op die Kirisun PT3600 VHF hand radios. Jy kan ook die radio optimaal in jou voertuig gebruik sou jy n magmount antenna gebruik. Hierdie radios sal beperk wees tot die groen (met sy eie antenna) & geel (met Magmount kar antenna) aanduidings op ons reikafstand kaart wat in die kommentaar seksie hieronder beskikbaar is. 


Mobiele/Base Radios

RTS mobiele/base radios - Vervang met iCom F5020 hieronder

Hierdie radios werk by groen, geel, oranje,bruin & rooi aanduidings op ons reikafstand kaart wat in die kommentaar seksie hieronder beskikbaar is. Die swart aanduidings is nie binne ons reikafstand nie.

iCom F5020 Mobiele radio

Hierdie is n uitstekende radio vir jou huis of motor.

Bestellings

Vul die aanlyn vorm in, en ons gee vir jou n kwotasie. As jy die kwotasie aanvaar, stuur ons vir jou n betalings skakel. Nadat die betaling bevestig is sal die toerusting bestel word. 

Sodra die toerusting by ons land sal ons die radios programmeer & die mobiele antenna's knip vir optimale gebruik.

Kommentaar