Hier is ʼn opsomming van tipiese benodigdhede vir installasies. Die installasie self is jou verantwoordelikheid. Ons sal wel vir jou van raad voorsien. Die datum waarop die pryslys vasgestel is was Junie 2024.
Hierdie is slegs ʼn aanduiding van die prys wat jy kan verwag. ʼn Kwotasie sal aan jou gegee word wanneer jy die verkope vorm voltooi het. Ons het n klein voorraad van alle toerusting en word aangevul soos verkope plaasvind. Dus kan ons jou in die meeste gevalle dalk dadelik kan help. Die maandelikse kostes is beskikbaar by vrae & antwoorde seksie.
*1 Die J-pole antenna het n 15m RG58 kabel met koppelstukke, asook n "pigtail" vir koppeling na n Kirisun hand radio.
Kyk hierna om te sien hoe om die j-pole installasie te doen.
Ekstra items
RG58 kabel is R41 per meter en sluit twee koppelstukke in.
LMR400 is R85 per meter en sluit ook twee koppelstukke in.