Wie, wat, waar en hoe? Algemene inligting oor die radio netwerk.

Wie is ons?

Ons is ʼn groep wat besluit het om daadwerklik ʼn verskil te maak aan kommunikasie probleme in die area, asook om maniere te vind om die plaas gemeenskap te beskerm en te beveilig.

ʼn Komitee is saamgestel om die werk te begin aan ʼn radio netwerk vir die omgewing. Ons tree wettig op in alle aspekte, insluitend goedgekeurde ICASA radios en lisensiëring

Privaat fondse is gebruik om al die basis toerusting aan te koop, hoofsaaklik deur lede van die komitee. Ons sê ook dankie aan Byna-Bo Landbou Unie vir hulle gedeelte van die bydrae. In die toekoms gaan die radio netwerk aan die gemeenskap behoort nadat die beleggers terugbetaal is. Die gemeenskap sal dan bepaal wie op die komitee dien. Ons werk daaraan om borge te kry vir toekomstige onderhoud en uitbreidings. Ons borge kry blootstelling onderaan elke bladsy op hierdie webwerf.

Ons is 100% onafhanklik en is nie geassosieer met enige organisasie nie. Ons is ook onafhanklik van ESKOM. Ons was aanlyn sedert 15 Julie 2023.

Wat is ons?

ʼn Radio stelsel spesifiek vir die boere-gemeenskap beskerming en plaas kommunikasie. Ons primêre doelwit area was oorspronklik tussen Groblershoop en Upington.
Ons soektogte na die perfekte berg vir ons "repeater"
Ons "repeater" toerusting.

Waar is ons?

Ons radio netwerk dek ʼn wye area, naamlik (tot in Upington), Lambrechtsdrif tot Groblershoop, tot 40km op die Griekwastad pad, Putsonderwater, Klein Begin en Hartbeesvlakte agter die groot suid-noord bergreeks.

Noord van Lambrechtsdrif  het ons opvangs op sekere plekke. Dit is maar te danke aan die manier hoe die berg-reekse loop van Noord na Suid. Ons het weer volle opvangs so 25km voor Upington en in Upington self.  Ons is besig met verdere toetse tussen Keimoes & Kenhardt en alle aanduidings is dat ons ook daardie gebied sal kan dek, afhangende van die spesifieke terrein. Toetse moet ook weer gedoen word in die Marydale omgewing nadat antenna verbeterings aangebring was.

Die aanduidings in kleure hieronder dui die volgende aan:
Groen - Hand radio
Geel - Hand radio gekoppel aan kar antenna
Oranje & Rooi - Mobiele kar radio
Swart dui gebiede aan sonder opvangs.





Hoe werk aansluiting? 

Die hele proses werk soos volg:
  1. Vul die aanlyn lidmaatskap vorm in. Jy kan ons ook kontak indien daar enige vrae is. Sien die Vrae en Antwoorde seksie vir algemene antwoorde.
  2. Ons kontak jou vir besonderhede van radios, antennas, kragbronne ens voordat jy jou bestelling plaas.
  3. Ons plaas jou op ons WhatsApp "Bork Lede" group. 
  4. Jy gaan aanlyn en doen jou bestelling daar. Ons sal vir jou die wagwoord gee nadat jou lidmaatskap vorm voltooi in.
  5. Ons bestel die toerusting na betaling gedoen en ontvang is
  6. By aflewering programmeer ons jou toerusting
  7. Jy haal die toerusting af en doen die installasie, indien nodig, jouself.

Kommentaar